Genesis 5:24
‘En Henog het met God gewandel; …’
– Dit is belangrik dat ons in pas met God bly.
– Soms wandel ons net met God wanneer ons belangrike sake aandurf.
– Ons moet ook in die gewone oomblikke van die lewe met God wandel.
– Om met God te wandel behoort ons lewenswyse en ons leefstyl te wees.
Gebed: Vader, ek kies om U te volg en elke dag van my lewe met U te wandel. Mag ek nooit alleen loop of dinge in my eie krag probeer doen nie. Help my om altyd in pas met U te bly. Amen.