2 Korinthiërs 9:15
‘Maar God sy dank vir Sy onuitspreeklike gawe.’
– God se grootste geskenk – Jesus – daar is nie woorde om dit te beskryf of iets waarmee dit vergelyk kan word nie, dit is onbeskryflik groot en onvergelybaar met enigiets tevore.
– Deur Hom ontvang ons vergifnis, hoop en die ewige lewe.
– Geen aardse gawe kan ooit die liefde ewenaar wat God deur Sy Seun getoon het nie.
– Vandag staan ons stil om dankie te sê, en om te erken dat hierdie geskenk alles verander.
Gebed: Vader, dank U vir die onbeskryflike geskenk van Jesus. Vul ons harte met oneindige dankbaarheid terwyl ons die liefde onthou wat U deur JESUS uitgestort het. Mag Sy lewe en teenwoordigheid ons vandag onmeetbare vreugde, vrede en hernude hoop bring. Amen.
Mag jou Kersfees met Jesus gevul wees en wonderlik wees.