Lukas 2:11
‘dat vir julle vandag … gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.’
– Vandag kan jy die wonderlikste geskenk onthou en vier.
– Die geboorte van Jesus is iets waaroor elkeen van ons verheug kan wees.
– Hy het gekom om die mensdom te red en dit sluit ons almal in.
– Sy geboorte het die wêreld verander en hoop en betekenis aan ons lewens gegee.
Gebed: Vader, dankie dat U Jesus gestuur het en dankie Jesus dat U gekom het. U geboorte het die wêreld verander en hoop en redding vir die hele mensdom gebring. Help my om te onthou dat U met my is om my te red. Amen.
Mag julle Kersdag geseënd wees.