Genesis 45:11a
‘En ek sal u daar onderhou,…’
– Waar God jou ook al neem, Hy sal jou daar versorg en voorsien.
– Vertrou daarop dat God vir jou sal sorg.
– Hy ken jou behoeftes en Hy sal daarvoor voorsien.
– Jou toekoms is in Sy hande en Hy kan jou deur dra.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat waarheen U my ookal lei, U vir my sal voorsien en sorg. Help my om in elke situasie en in alle omstandighede op U te vertrou. Ek bid dat U my hart met vrede en vertroue sal vul. Amen.