Exodus 1:12
‘Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei…’
– Teenstand en teëspoed kan groei en ontwikkeling meebring.
– God kan ons uitdagings neem en uitbreiding en voorspoed bring.
– Moeilike omstandighede is ‘n geleentheid vir God om iets groots te doen.
– Onthou dus, beproewinge en swaarkry kan onverwagte seëninge meebring.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat probleme en uitdagings nie kan keer dat U groot dinge in my lewe doen nie. Ek kies om op U vermoë en getrouheid te vertrou, ongeag die uitdagings wat ek moet hanteer, want ek besef die beproewings kan tot onverwagte seëninge lei. Amen.