Jesaja 25:9 Afr83
Wanneer dit gebeur, sal elkeen sê: ‘Kyk daar, dit is ons God, ons het op Hom vertrou, Hy het ons gered.’
– Terwyl jy op die Here vertrou en aan Hom vashou, kan jy verwag dat dinge sal gebeur.
– Daar sal ‘n dag kom wanneer dinge anders sal wees.
– Die Here is getrou om diegene wat op Hom vertrou, te red en te verlos.
– Wat jou betref, vertrou op die HERE; wag vir Hom en Hy sal jou hoor.
Gebed: Vader, dankie dat ek kan uitsien na daardie dag wanneer ek weer verheug sal wees. Dankie dat dit nie ‘n kwessie is van ‘as’ dit sal gebeur nie maar ‘wanneer’ dit sal gebeur. My toekoms is veilig in U. Amen.