Psalm 46:8
‘Die Here van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons.’
– Jy is nie alleen nie, die Here is met jou.
– Op die oomblik, terwyl jy die toekoms oordink, is Hy met jou.
– Hy is magtig en niks is vir Hom te moeilik nie.
– Hy is jou sterk toring en jou magtige vesting – roep Hom aan.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U my toevlug en sterkte is. My lewe en my toekoms is veilig omdat U met my is en U is sterk genoeg om my te red en te verlos. Amen.