Jesaja 41:10b
‘Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met My reddende regterhand.’
– Wanneer jou hoop min raak, sal Hy jou versterk en help.
– Wanneer dit voel asof jy nie nog ‘n dag kan trotseer nie, onthou, Hy ondersteun jou.
– Gryp Hom vas en laat Sy krag deur jou vloei.
– Hy het nog die finale sê en dit is nie verby voordat Hy so sê nie.
Gebed: Vader, ek bid dat U sterkte nou deur my sal vloei sodat ek die krag sal hê om die uitdaging aan te durf en as oorwinnaar uit die stryd te tree. Help my om nie alles in my eie krag te probeer nie, maar help my in alles wat ek moet sê en doen. Amen.