Psalm 103:13
‘Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.’
– Die Here verlang daarna om Sy goedertierenheid en deernis vir jou, te toon.
– Hy gee baie om vir jou en Sy liefde vir jou is teer en deernisvol.
– Laat die Here jou prioriteit en jou eerste liefde word.
– Hy is jou liefdevolle Vader en Hy wil jou bedek en Sy genade aan jou wys.
Gebed: Vader, ek het U lief, en ek is so dankbaar vir U deernis en welwillendheid teenoor my. Dankie dat U my swakhede verstaan en dat U altyd met deernis en genade reageer. My hoop en my vertroue is op U. Amen.