Efesiërs 3:12 (NLV)
‘Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue vrymoedig na God toe gaan.’
– Moenie huiwer om in God se teenwoordigheid in te tree en Hom aan te roep nie.
– Jy is Sy kind en dit gee jou die voorreg om Hom te nader.
– Daar is geen situasie of omstandigheid wat Hy nie kan hanteer nie.
– Met geloof in God kan jy met vrymoedigheid en vertroue vorentoe tree.
Gebed: Vader, dankie dat U my God is en ek plaas my geloof en vertroue in U. Daarom, as U kind, kies ek om met vrymoedigheid voor U te kom en U te vra om my te help en te lei in die dae wat voorlê. Amen.