Jesaja 40:11
‘Hy sal Sy kudde laat wei soos ‘n herder; Hy sal die lammers in Sy arm vergader en aan Sy bors dra;…’
– Die Here het jou so baie lief en Hy sorg vir jou!
– Hy is jou Goeie Herder en jou liefdevolle Hemelse Vader.
– Hy sal voorsien en Hy sal jou dra en onderhou.
– Ongeag wat jy voel, onthou Hy hou jou vas!
Gebed: Vader, dit is ‘n vreugde om te weet dat U my Herder en my Vader is. Dankie vir die versekering dat U my sal voed, U my sal dra en U my naby U hart sal hou. Amen.