Genesis 48:21
‘Daarop sê Israel vir Josef: Kyk, ek gaan sterwe, maar God sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan na die land van julle vaders.’
– Die lewe kan soms baie vloeibaar en veranderlik wees.
– Een oomblik lyk dinge veilig en dan raak verandering ons lewens.
– Die een ding waarvan jy seker kan wees, is dat God met jou sal wees, ongeag die omstandighede.
– God het nie ‘n plan ‘B’ nie – Hy sal uitvoer wat Hy gesê het Hy sal doen.
Gebed: Vader, in ‘n ewig-veranderende wêreld is dit wonderlik om te weet dat U die konstante is wat altyd met my is. Dank U dat U nooit met my opgee nie maar dat U voortdurend in my lewe aan die werk is om U oorspronklike plan en doel vir my lewe uit te voer. Amen.