Psalm 139:5
‘U sluit my in van agter en van voor, en U lê U hand op my.’
– Elke aspek van jou lewe het die aanraking van God daarop.
– Hy weet van jou verlede en hoe jy tot by hierdie punt gekom het.
– Hy weet van jou toekoms en die planne wat Hy vir jou het.
– En nou, is Sy hand op jou, om jou deur te sien.
Gebed: Vader, dankie vir U hand op my lewe. Dankie vir U getrouheid in die verlede, U belofte van ‘n hoop en ‘n toekoms vir my môres en vir die wete dat U vandag met my is. Amen.