Daaglikse Bybel vers: Hebreërs 10:34b
‘omdat julle geweet het dat julle in julself ‘n beter en blywende besitting in die hemele het.’
– Met God in ons lewens is daar altyd iets om na uit te sien.
– Soms is daar ‘n stryd voordat die beter dinge werklikheid kan word.
– Party dinge moet eindig voordat beter dinge kan begin.
– Ons het die belofte dat die beste nog voorlê en ons kan dit verwag.
Gebed: Vader, dank U vir die ‘beter dinge’ wat U vir my voorberei het. In hierdie seisoen wat ek nou binne gaan, sal ek myself altyd herinner dat U goeie dinge vir my beplan het en dat ek daarna kan uitsien. Amen.