Philippense 1:21
‘Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.’
– Jy het talle redes om te lewe.
– Jou lewe het ‘n doel en betekenis, omdat jy vir die Here kan lewe.
– Hy wil jou lewe gebruik en in en deur jou werk.
– Wanneer jy vir Hom lewe het jy niks om te vrees nie.
Gebed: Vader, ek kies om vir U en vir U eer en heerlikheid te lewe. Om te lewe is vir my Christus. U is my Bron van vreugde en my rede om te lewe en te sterwe is wins, want ek sal vir ewig met U wees. Amen.