Jesaja 65:22b (ABA)
‘hulle sal so oud word soos bome, en hulle sal self die vrugte eet van die bome wat hulle geplant het.’
– Daar word gesê dat: ‘wyse manne bome plant in wie se skadu hulle nooit sal sit nie.’
– Maar God wil vir jou ‘n lang lewe gee sodat jy jou oes kan sien.
– Hy wil hê dat jy nog die winste van jou harde-arbeid moet kan geniet.
– Hy wil hê dat jy die seën van Sy goedheid moet sien en ervaar.
Gebed: Vader, ek herken dat my lewe in U hande is en dat U my stryd en my oorwinnings gesien het. U het my uitdagings en my verorwerings gesien. Verleng my dae sodat ek die vrug kan sien van wat U my toegelaat het om te plant. Amen.