Jesaja 12:2a
‘Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie;…’
– Dit is die Here wat in ons lewens intree om ons te red en te verlos.
– Hy is jou Verlosser en jou ewige hoop.
– Laat jou geloof en vertroue in Hom groter wees as enige vrees wat jy moet hanteer.
– Vertrou op die Here, Hy is ‘n vaste fondament waarop jy kan staan.
Gebed: Vader, dank U dat ek veilig kan staan in die wete dat U my hoop en redding is. Ek kies om volkome op U te vertrou en nie te vrees nie. Amen.