Jesaja 40:31
‘maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.’
– Wanneer ons afhanklik van God lewe versterk Hy ons.
– Die Here wil hê ons moet opstaan, loop en hardloop sonder om te val.
– Wanneer Sy krag deur ons vloei is dit in die lewe ‘n werklike moontlikheid.
– Ons moet op Hom wag, op Hom vertrou en nie dinge in ons eie krag doen nie.
Gebed: Vader, dank U dat terwyl ek wag, vertrou en op U reken, U krag ‘n lewende werklikheid in my lewe kan word. Dit is hierdie krag wat my in staat stel om soos ‘n arend te vlieg, te hardloop sonder om moeg te word en te loop sonder om flou te word. Amen.