Daaglikse Bybel vers: Hebreërs 11:8
‘Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.’
– Die toekoms kan soms skrikwekkend en onseker lyk.
– Die waarheid is dat ons nie weet wat die toekoms inhou nie.
– Ons weet wel Wie die toekoms beheer, en daarom kan ons hoop hê.
– Jy kan die volgende tree gee, die Here sal al jou treë lei.
Gebed: Vader, waar ek op die randjie van hierdie nuwe week staan, bid ek dat U my op die regte weg sal lei. Ek weet dat U die toekoms ken en ek kan dus op U leiding in my lewe vertrou. Amen.