Deuteronòmium 31:6
‘Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; …’
– Onthou altyd dat die Here jou God met jou is.
– Laat hierdie feit jou met krag en moed vul.
– Weerstaan en verwerp die vrees en omhels Sy teenwoordigheid in jou lewe.
– Tree uit, tree vorentoe en tree met vrymoedigheid die toekoms in, want Hy is met jou!
Gebed: Vader, dank U dat U my Toevlug en my sterkte is. Dit is wonderlik om te weet dat U met my is en dat U my ewig-teenwoordige hulp in elke situasie en omstandigheid is. Ek kies om sterk en moedig te wees. Amen.