Psalm 89:27 Afr20
‘Hy, hy sal My aanroep, ‘U is my Vader, my God, en die Rots wat my verlos.’
– Jy kan God enige tyd aanroep.
– As Sy kind kan jy die Here met vertroue nader.
– Hy is jou Vader, jou Beskermer en jou Voorsiener.
– Hy is jou Rots, jou krag, jou vermoë en jou Verlosser.
Gebed: Vader, ek roep U aan! Dankie dat ek enige tyd na U kan kom en beskerming, krag en hulp kan vind. Hou my styf vas en herinner my dat U altyd vir my daar is. Amen.