Amos 9:14a
‘En Ek sal die lot van My volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon,… ‘
– Herstel is deel van God se plan vir jou lewe.
– Hy kan fortuine, gesondheid en verhoudings herstel en dinge verander.
– Wat onherstelbaar en sonder hoop voorkom, kan Hy jou help om te herbou.
– Hy het deernis vir jou en wil sien dat dinge herstel en herbou word.
Gebed: Vader, U is die wonderbare Hersteller U kan situasies neem en U kan dit aanraak en verander. Ek bid dat U my fortuin sal herstel en my help om dit wat beskadig of verwoes is te herbou. Amen.