Psalm 71:8 Afr83
‘Ek besing U lof en U roem gedurigdeur.’
– Jy het die geleentheid om God te prys met die woorde wat jy spreek.
– Moenie negatiwiteit en vrees oor jou lippe laat gaan nie.
– Spreek lewe en bely die hoop wat jy in God het.
– Laat jou woorde gedurigdeur vol lof wees.
Gebed: Vader, ek bid dat die woorde wat uit my mond kom U sal behaag. Help my om op U goedheid te fokus en bemagtig my sodat ek geen negatiewe of twyfelagtige woorde sal spreek nie. Amen.