2 Korinthiërs 1:4
‘wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.’
– Die Here weet wat jy moet hanteer en Hy is met jou om jou te troos.
– Hy wil hê ons moet Sy teenwoordigheid en vrede in die storm ervaar.
– Alles wat met ons gebeur het ‘n doel.
– Jou ellende kan jou bediening word, jou struikelblok ‘n tree in die regte rigting.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U die uiterste Bron van vertroosting in my lewe is. U is met my in elke verdrukking wat ek mag ondervind en omdat U met my is kan ek ‘n seën en ‘n troos vir ander wees. Amen.