Johannes 1:48
‘Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.’
– Die Here sien jou in elke situasie waarin jy in die lewe mag verkeer.
– Hy sien jou wanneer jy sterk en suksesvol is.
– Hy sien jou wanneer jy swak, broos en moedeloos voel.
– Hy is met jou in elke stryd en Hy ontmoet jou waar jy is.
Gebed: Vader, dankie dat U bewus is van alles wat ek moet deurgaan en alles wat ek moet aandurf. Dankie dat ek nooit alleen of vergeet is nie, want U sien my, selfs wanneer ander geen kennis dra van wat ek alles moet aandurf nie! Amen.