1 Thessalonicense 5:16-18
‘Wees altyddeur bly, Bid sonder ophou, Wees in alles dankbaar,..’
– Die weg na ‘n oorwinnende lewe is om hierdie beginsels op ons lewens toe te pas.
– Kies vreugde, moet nooit ophou glo en bid nie en wees dankbaar.
– Terwyl ons dit doen, verskuif dit die dinamiek in ons lewens.
– Dit maak ons gereed vir God om in ons lewens te werk en wonderwerke namens ons te doen.
Gebed: Vader, in plaas daarvan om moedeloos te wees, kies ek om bly te wees. In plaas daarvan om aan U getrouheid te twyfel, kies ek om te bid en U aan te roep. In plaas daarvan om te kla, kies ek om dankbaar te wees, want U is met my en niks is vir U te moeilik nie. Amen.