Jesaja 41:10
‘Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.’
– Op hierdie oomblik, te midde van wat jy moet hanteer, is die Here met jou.
– Hy sê: ‘Ek is met jou, Ek is jou God en Ek sal jou versterk en help.’
– As jy hierdie waarborg het, wat moet jy vrees?
– Hy sê: ‘Moenie moedeloos wees nie en moenie vrees nie.’
Gebed: Vader, dankie dat U met my is. Dankie dat U my God is. Hoe geseënd is ek om hierdie wonderlike waarhede te ken. Ek kies hoop bo moedeloosheid en moed bo vrees. Amen.