Efesiërs 3:20 (NLV)
‘Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.’
– Dit is wonderlik om te weet dat God in elkeen van ons aan die werk is.
– Laat Sy magtige krag binne jou werk en jou verander.
– Hy wil jou lewe op ‘n wonderlike wyse gebruik.
– Deur Hom kan jy, baie meer bereik as wat jy jou kan verbeel.
Gebed: Vader, dankie vir U magtige hand wat in my hart en lewe werk. Ek gee U die reg om die werk wat U begin het, te voltooi sodat elke aspek van my lewe U eer kan bring. Amen.