Genesis 45:5
‘Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.’
– Ons moet soms in die lewe deur dinge gaan wat ons nie verstaan nie.
– Maar God werk altyd aan die vervulling van Sy plan in ons lewens.
– Ons mag dalk nie nou sin daarvan maak nie, maar uiteindelik sal dit duidelik wees.
– Vertrou God dus met die prosesse waardeur Hy jou neem.
Gebed: Vader, dank U dat U steeds in beheer is al kan ek nie die rede en doel van dit wat ek moet hanteer, insien nie. U werk alles vir my ten goede sodat my lewe ‘n seën vir ander kan wees. Amen.