Jesaja 61:3 Afr83
‘…eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer…’
– Die Here wil dinge in jou lewe omdraai.
– Hy kan as vir skoonheid, hartseer vir vreugde en wanhoop vir hoop verruil.
– Hy kan ons moeilike verlede neem en dit in iets pragtig verander.
– Daar is niks wat Hy nie kan herstel nie.
Gebed: Vader, dankie dat U dinge kan herstel en omdraai. Ek besef dat ek U met die dinge waardeur ek al gegaan het kan vertrou, want ek weet dat U wonderlike dinge in my lewe kan doen. Amen.