Psalm 50:15
‘en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.’
– Die Here nooi jou uit om Hom aan te roep, veral in tye van benoudheid.
– Ons het almal daardie seisoene in ons lewens wanneer slegs Hy ons kan help.
– Hy is met jou om jou te help en jou te verlos.
– Weet iets vir seker, Hy sal jou nooit verlaat nie.
Gebed: Vader, dankie vir die versekering dat U met my is. In tye van benoudheid sal U my dra en onderhou en uiteindelik sal U my red en ek sal jubel in U getrouheid. Amen.