2 Korinthiёrs 9:8
‘En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.’
– Die goedheid en liefde van God is in elke situasie vir ons beskikbaar.
– Hy is Jehova Jireh, jou Voorsiener.
– Hy wil seker maak dat jy in alle dinge, te alle tye, alles het wat jy nodig het.
– As gevolg van Sy goedheid kan jou lewe ‘n seën vir almal om jou wees.
Gebed: Vader, dankie vir U voortdurende en oorvloedige goedheid teenoor my. U ken al my behoeftes en U wil in my omstandighede intree en al daardie behoeftes voorsien. Help my om vir almal om my, U hande en voete te wees. Amen.