Eksodus 23:20
‘Kyk, Ek stuur ‘n engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.’
– Jy is nie alleen op die lewensreis nie.
– Die Here is met jou en die engele gaan voor jou uit.
– Hy berei die pad en die bestemming vir jou voor.
– Die reis kan stamperig wees, maar Hy beskerm en bewaar jou al die pad.
Gebed: Vader, dankie dat U met my is op my lewensreis. Ek het niks om te vrees nie, want U is reg langs my. Amen.