Openbaring 3:8
‘…Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie,..’
– Elke nuwe dag bied ons nuwe moontlikhede.
– Hoe ons dinge beskou, kan ons lewens beïnvloed.
– Ons kan moontlikhede sien of ons kan struikelblokke sien.
– Ons moet in oop deure glo en lewe kies.
Gebed: Vader, dankie vir die geleenthede en oop deure wat U vir my voorberei het. Ek sal nie toelaat dat vrees my beheer nie. Ek kies geloof in U, en in die moontlikhede en oop deure wat U vir my sal voorsien. Amen.