2 Samuel 22:4
‘Ek roep die Here aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.’
– As Sy kinders het ons die reg en die voorreg om Hom aan te roep.
– Om die Here aan te roep is nooit tydmors nie.
– Dit is die kragtigste aksie wat ons kan neem.
– Wanneer ons Hom aanroep, hoor Hy ons en tree Hy in om ons te red.
Gebed: Vader, ek roep U vandag aan. Ek neem hierdie oomblik om my versoeke aan U voor te lê. U kan my red, selfs van my vyande. Daarom sal ek U aanroep en U met my lewe vertrou. Amen.