Jeremia 6:16 Afr83
‘So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind…’
– Kruispaaie is deel van die lewe.
– Dit is oomblikke wanneer ons moet wag vir kritiese intervensie.
– Dit is in hierdie tye in die lewe wanneer ons die Here moet vra om ons te lei.
– Wanneer ons die regte pad neem en die regte keuse maak, vind ons siele rus.
Gebed: Vader, ek wil nie ‘n verkeerde keuse maak en op ‘n ompad in my lewe beland nie. Dus stop en wag ek om U te vra om my te wys watter pad ek moet gaan sodat ek kan doen wat U behaag en sodat my siel rus kan vind. Amen.