Deuteronòmium 32:3
‘Want die Naam van die Here roep ek uit: Gee grootheid aan onse God!’
– Spreek Sy Naam hardop oor jou lewe en omstandighede uit.
– Hy is groter as enige kwessie of uitdaging wat jy moet hanteer.
– Dink aan Sy grootheid en die feit dat niks vir Hom te moeilik is nie.
– Mag jy sien hoe Sy grootheid kragtig in jou lewe beweeg.
Gebed: Vader, kom in U sterkte en U krag en beweeg op U Eie sagte manier in my lewe. Ek sal U Naam oor my uitdagings spreek en ek sal myself herinner hoe groot U is en dat U wonders en wonderwerke kan doen. Amen.