Exodus 6:6
‘en Ek sal julle as My volk aanneem en vir julle ‘n God wees.’
– Dit is wonderlik om te weet dat ons aan God kan behoort.
– Die Here het jou lief en sorg vir jou soos iemand wat aan Hom behoort.
– Dit is Sy begeerte vir ons en daarmee saam kom die wete dat Hy ons lief het.
– Uit Sy liefde vir jou kan jy verseker wees van Sy sorg en getrouheid.
Gebed: Vader, ek verlang so dat dit ‘n werklikheid in my lewe moet wees. Ek gee my lewe oor aan U – neem my as U eie en wees my Here, my Verlosser en my God. Amen.