Eksodus 8:22
‘Maar Ek sal op dié dag met die land Gosen, waarin My volk woon, ‘n uitsondering maak, …’
– As kind van God is jy vir Hom waardevol en belangrik.
– Die Here sal na Sy volk omsien en dit sluit jou in.
– Dinge kan vir jou baie anders wees, verwag dus Sy guns.
– Net soos Hy Gosen beskerm het, waak Hy oor almal wat Hom vertrou.
Gebed: Vader, ek vra dat dinge in my lewe anders sal wees. Mag ek U guns en seën op my lewe ervaar sodat ek die sekuriteit daarvan kan ken. Ek kies om in U getrouheid te rus, wetende dat U vir my sorg. Amen.