Handelinge 10:40
‘Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn.’
– Op hierdie spesiale tyd onthou ons die groot liefde van ons Verlosser.
– Ons onthou Sy dood en die prys wat Hy betaal het.
– Ons onthou ook Sy opstanding en die hoop wat dit vir ons gee.
– Mag jy Sy teenwoordigheid as ‘n lewende werklikheid in jou lewe ervaar en ‘sien’.
Gebed: Vader, dankie vir alles wat U vir my gedoen het. U het gekom om die prys te betaal en die las van sonde uit my lewe te verwyder. Gevolglik kan ek weet wat dit beteken om ‘n persoonlike verhouding met U te hê. Amen.