Psalm 73:25-26
‘Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie. Al beswyk my vlees en my hart – God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.’
– Wanneer die Here vir jou meer kosbaar word as enigiets anders.
– Wanneer Sy teenwoordigheid vir jou meer werklik word as enigiets om jou.
– Wanneer jy Hom meer liefhet as enigiemand of enigiets anders.
– Dan sal jy die diep bevrediging ontdek wat net Hy kan gee.
Gebed: Vader, help my om U meer lief te hê as enigiemand of enigiets anders. Mag U teenwoordigheid elke dag vir my meer werklik en meer kosbaar word, en mag ek my grootste vreugde en vervulling in U vind. Amen.