Jesaja 44:3
‘Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal My Gees op jou kroos giet en My seën op jou nakomelinge.’
– Die Here weet presies wat jy nodig het.
– Hy ken die gebiede van onvrugbaarheid en teleurstelling.
– Hierdie uitdagings is vir Hom geen probleem nie, want Hy kan enigiets omdraai.
– Hy kan ‘n droë, dorre plek neem en dit in ‘n welige en produktiewe ruimte verander.
Gebed: Vader, sal U asseblief U water op my dorstige land kom gooi. Laat strome vloei op daardie gebiede waarin ek hoop verloor het. Ek bid dat U lewe en verandering in elke droë en onvrugbare area van my lewe sal bring. Amen.