Hebreërs 10:36
‘Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.’
– Geduldige uithouvermoë is wat jy nou nodig het.
– Opgee of handdoek ingooi, is nie die antwoord nie.
– Om vas te hou en te glo vir God se goedheid en guns is die regte optrede.
– Hy is getrou om seker te maak dat dit wat Hy belowe het, sal realiseer.
Gebed: Vader, ek verklaar dat ek vashou aan U en U beloftes aan my. U het ‘n hoop en ‘n toekoms vir my in voorraad en ek kan met vertroue en afwagting daarna uitsien. Amen.