Job 42:10
‘En die Here het die lot van Job verander …. en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.’
– Om situasies om te draai is deel van wat God vir Sy kinders doen.
– As jy iets in jou lewe omgedraai nodig het – vra die Here om dit te doen.
– Hy kan wanhoop in hoop verander, angs in moed en gevangenskap in vryheid.
– Die Here is getrou, Hy kan dinge omdraai en ‘n dubbele seën bring.
Gebed: Vader, dit is waar dat slegs U ‘n situasie kan omdraai en iemand uit die put na die troon kan neem. U kan dinge verander, U kan dinge herstel en U kan al die skade wat aangerig is ongedaan maak. ek vertrou op U! Amen.