Psalm 91:15
‘Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.’
– Die Here belowe om jou te antwoord, elke keer as jy Hom vir hulp aanroep.
– Hy sê ook dat ons Sy teenwoordigheid in tye van moeilikheid sal vind en voel.
– Hy onderneem ook om ons te red en op te hef.
– Vertrou dus op die Here jou God.
Gebed: Vader, dankie dat ek U kan aanroep en dat U my sal antwoord. Dankie dat U met my sal wees, tenspyte van dit wat ek deurgaan en dankie dat U my langs die pad sal red en verlos. Amen.