Jesaja 30:18
‘En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is ‘n God van die gerig.’
– God se hart is vir jou gevul met liefde en medelye.
– Hy smag daarna om genadig, goedhartig en barmhartig teenoor jou te wees.
– Hy is gereed om te reageer wanneer jy tot Hom draai.
– Hy verhef Hom om jou te seën en Sy goedertierenheid en hoop oor jou te stort.
Gebed: Vader, dankie vir U liefdevolle hart teenoor my. Dankie dat U genadig en bedagsaam is, en dat U met medelye en barmhartigheid gevul is. Ek maak die deur van my hart oop om U genade, U medelye en U welwillendheid te ontvang. Amen.