2 Samuel 22:2
‘Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;’
– Die Here is die rots waarop jy jou lewe kan bou.
– Hy is jou vesting, jou plek van veiligheid en jou toevlug.
– Hy is jou wonderbare verlosser en niks is vir Hom te moeilik nie.
– Vertrou op Hom, daar kan volkome op Hom staatgemaak word.
Gebed: Vader, dankie dat ek in die storms en onsekerhede van die lewe vas en sekuur kan staan want U is my rots. Ek kan na U toe hardloop as ek nie weet wat om te doen nie en U sal my verlosser wees. Amen.