Exodus 34:5
‘En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom (Moses) gestaan.’
– Die Here wil Sy aanwesigheid ‘n lewende werklikheid vir jou maak.
– Hy wil Sy vrede in jou situasie inbring.
– God het neergedaal om Moses te ontmoet en met hom te wees.
– Die Here wil dieselfde vir jou doen, Hy wil kom en met jou wees.
Gebed: Vader, net soos U met Moses was, vra ek dat U ook met my sal wees. Mag U aanwesigheid neerdaal en mag ek ondervind dat U met my is. Omdat U met my is, het ek niks om te vrees of om oor te twyfel nie. Amen.