Jeremia 31:3
‘…Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde…’
– Aarsel vir ‘n oomblik, en herinner jouself aan God se allergroot liefde vir jou.
– Die Een wat jou geskep het, het jou lief.
– Jy word verstaan deur die Een wat jou in jou moeder se skoot gevorm het.
– Niks en niemand kan ooit Sy liefde vir jou verwyder nie.
Gebed: Vader, ek vier vandag U liefde vir my. Ek is geseënd om te weet dat die Skepper van die heelal my liefhet en vir my sorg. Ek ontvang vandag U goedertierenheid opnuut en mag ek nooit die feit uit die oog verloor dat U liefde vir my ewigdurend is nie. Amen.