Jakobus 4:7
‘Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.’
– Die veiligste plek om te wees, is onder die magtige hand van God.
– Wanneer ons, ons aan Hom onderwerp, gee Hy ons die gesag om die vyand te weerstaan.
– Die belofte is dat die vyand sal vlug en ons sal vry wees.
– Onder hierdie omstandighede is die moonlikhede oneindig.
Gebed: Vader, ek neem vandag ‘n oomblik om my lewe aan U te onderwerp. U is my God en ek sal U vertrou. Nou weerstaan ek die vyand en neem volkome ‘n standpunt teen hom in. Soos U belowe het, vlug hy nou, en ek is vry om alles te wees wat U bedoel het dat ek moet wees. Amen.